Welkom by Kleuterzone Lyttleton

Yolanda Swanepoel

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

Ek glo dat God ‘n plan met ons almal se lewens het. Ek is voorwaar geseën om die hoof by ons skool te wees. Met my wonderlike gesin se ondersteuning, kan ek help om die kinders na Jesus te laat kom en te leer van Sy goedheid.

 

Daar is so baie geleenthede beskikbaar vir elke klein mensie en dit is ons plig om hulle te help buig en vorm om in God se koningkryk te groei.  

 

Ons maak ‘n generasie groot wat nie gaan afbreuk nie , maar eerder opbou. Ons berei hulle voor vir beroepe wat nog nie bestaan nie en berei hulle voor vir ‘n tyd wat ons nie oor kan droom nie. Dit is dus belangrik dat ons vir hulle die gereedskap gee om die weg te baan vir toekomstige generasies.

 

Hier by kleuterzone bied ons daardie gereedskap met lof en vereer ons God in dankbaarheid vir die geleentheid om sy kinders te onderrig.

 

Getuigskrifte

KleuterZone wat 'n wonderlike skool vir die klein mensies. Ek is 'n mamma van 'n 3 jarige seuntjie wat by Kleuter Zone begin het. Die personeel ius vriendelik en hulpvaardig. Met die dat my seuntjie nie ken van kleuter skool nie was hy moeilik aan die begin en die "Tannies" was baie geduldig en het net liefde en aandag getoon. Ek kan 'n verskil in my seuntjie sien vandat hy by die skool begin het, sy woordeskat en kennis het gegroei. Kleuter Zone het so baie om te offer vir die klein mensies dit is rerig wonderlik.
Anoniem
Ouer
"Warm atmosfeer, my dogtertjie het dadelik welkom en gemaklik gevoel, sy geniet dit vreeslik, en dit maak my hart so bly. Nog nie een dag gehuil om te gaan nie, as ons daar stop glimlag sy van oor tot oor! Vriendelikste Personeel, Beste besluit wat ek gemaak het"
Anoniem
Ouer
Kleuterzone Nelspruit het sover net fantastiese diens gelewer vir ons. Ons 2 seuns sien elke dag uit om te gaan en kom elke dag met vreugde terug by die huis. Puik diens en sal hulle aanbeveel vir enige ouers in Nelspruit.
Anoniem
Ouer